Wednesday, 09 November 2011

a vintage affair...

Om 'n matriekafskeid vir die klas van 2011 te reël was vir my 'n groot voorreg. Elke matrikulant droom reeds van kleintyd af oor sy/haar matriekafskeid. Ek wou hierdie geleentheid vir hulle so spesiaal as moontlik maak. Hierdie was my eerste GROOT funksie en dit was baie harde werk, maar om daardie aand te kon terug sit en sien hoe hulle dit geniet het, het elke minuut wat ek daaraan gewerk het die moeite werd gemaak.



Die Matriekafskeid was by Kronenburg in die Paarl gehou. Hulle het die lieflikste stoep waar die gaste heel aand kon kuier. Vooraf was daar sap uit Bashew botteltjies met kleurvolle strooitjies bedien vir die gaste. Die vintage motor het bygedra tot die skep van die perfekte atmosfeer en die gaste kon lieflike fotos daarby neem.


Elke gas het 'n vintage geïnspireerde fotoraam ontvang as geskenk. Die rame het sommer as deel van die dekor ook bygedra tot die prag van die aand.



Dankie aan almal wat gehelp het om die aand so 'n groot sukses te maak.

No comments:

Post a Comment