Monday, 01 October 2012

1930's Karnaval Ekstravaganza

Sjoe...'n hele jaar het verby gevlieg en dit was weer tyd vir Matriekafskeid hou. Hierdie jaar kon ek my goeie vriendin, Surindi Swart, help om dit te reel. Die tema het net soveel potensiaal gehad en ons het lekker rond gespeel met idees. Ons kleurskema van rooi, wit en ligblou het 'n vars gevoel aan die aand gegee. Die meisies se rokke het pragtig gelyk teen die wit agtergrond versier met liggies.


Ons het die dekor eenvoudig maar tog speels probeer hou met springmielies, kougom en stokkielekkers wat die tafels versier het. Elke gas het ook 'n paar karnvalkaartjies gekry wat hulle kon inruil vir spookasem, springmielies of 'n roomys. {Dankie aan my sus, Leanie Eksteen, wat spesiaal die kaartjies vir ons gepos het uit Kanada, want hier is SA kon ons dit nêrens kry nie.} Elke gas het 'n oulike klein botteltjie Coke gekry met hul aankoms om die keel so bietjie nat te maak.


Die saal was gedrapeer om soos 'n regte tent te lyk en die liggies het verseker bygedra tot die atmosfeer van die aand

.

Die klas van 2012 het verseker hierdie aand baie geniet. Baie dankie aan almal wat gehelp het om hierdie aand een vir hul boeke te maak. :)




No comments:

Post a Comment