Monday, 01 October 2012

Ooievaarstee idees

Hierdie jaar was ek bevoorreg genoeg om te help met twee ooivaarstees. Ek het net handjie bygesit met die 'mooimaak' van die twee oggende.

{Izelle ooievaarstee}
Die eerste een was my skoonsus se ooievaarstee met die koms van hul tweede dogtertjie, JoanéHaar ma het al die reëlings getref en dit was omtrent 'n lekker oggend van kuier by Die Gieter in die Paarl. Joané het reeds in ons almal se harte ingekruip. 



{Marie ooievaarstee}
Die tweede een was 'n baie goeie vriendin van my se spesiale oggend. Marie en MB se seuntjie, Daniél, moet sy verskyning die 25ste Oktober maak. Hierdie oggend was 'n spanpoging van 'n paar vriendinne gewees. Lurika het al die reëlings getref, Sané het allerhande oulike idees en speletjies vir ons beplan gehad, Marie se skoonma het gesorg vir die heerlikste kos, Nita het die mooiste koek gebak en ek het gehelp met die versier van skoonma se sitkamer. Ons was omtrent 'n klomp dames bymekaar en het te lekker gekuier. Mag Daniél net liefde en geluk vir julle bring!



{FOTOS: Mint Photography}

1930's Karnaval Ekstravaganza

Sjoe...'n hele jaar het verby gevlieg en dit was weer tyd vir Matriekafskeid hou. Hierdie jaar kon ek my goeie vriendin, Surindi Swart, help om dit te reel. Die tema het net soveel potensiaal gehad en ons het lekker rond gespeel met idees. Ons kleurskema van rooi, wit en ligblou het 'n vars gevoel aan die aand gegee. Die meisies se rokke het pragtig gelyk teen die wit agtergrond versier met liggies.


Ons het die dekor eenvoudig maar tog speels probeer hou met springmielies, kougom en stokkielekkers wat die tafels versier het. Elke gas het ook 'n paar karnvalkaartjies gekry wat hulle kon inruil vir spookasem, springmielies of 'n roomys. {Dankie aan my sus, Leanie Eksteen, wat spesiaal die kaartjies vir ons gepos het uit Kanada, want hier is SA kon ons dit nêrens kry nie.} Elke gas het 'n oulike klein botteltjie Coke gekry met hul aankoms om die keel so bietjie nat te maak.


Die saal was gedrapeer om soos 'n regte tent te lyk en die liggies het verseker bygedra tot die atmosfeer van die aand

.

Die klas van 2012 het verseker hierdie aand baie geniet. Baie dankie aan almal wat gehelp het om hierdie aand een vir hul boeke te maak. :)